Zuma se toekomstige regskoste is glo ‘n sleutelpunt in die onderhandelings

Massa-aksie beplan vir Zuma se verjaarsdag

President Jacob Zuma se toekomstige regskoste is volgens berigte een van die
sleutelpunte in onderhandelings oor sy uittrede.

Die groot vraag is nou óf die ANC, Zuma teen moontlike vervolging sal kan beskerm.

Die party se Nasionale Uitvoerende Komitee het intussen ‘n noodvergadering vir môre belê om sy toekoms te bespreek. Bronne na aan die gesprekke sê die ANC se topstruktuur sal môre ‘n voorstel dat Zuma herroep word, onderskryf.

‘n Politieke ontleder, Dumisane Hlophe, sê indien die president se lot nie dringend opgeklaar word nie, kan dit tot ‘n ernstige krisis lei.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This