ZUMA SE VEGLUS NIE GEBREEK NIE

rosestad-100-6-nuus-jacob-zuma-slaan-vure-dood

’n Vergadering Saterdag met die ANC se integriteitskomitee na afloop van ‘n omstrede week het nie pres. Jacob Zuma se veglus geblus nie.

Netwerk24 berig Zuma het verlede week behoorlik vure doodgeslaan nadat die minister van toerisme, Derek Hanekom, ‘n mosie van wantroue in hom ingedien het.

Zuma het vroeër die mosie op die ANC se vergadering van die Nasionale Uitvoerende Komitee oorleef en dit blyk ook dat die integriteitskomitee geen effek gehad het nie.

Vrydagmiddag het sy regspan ook stukke by die hooggeregshof in Pretoria ingedien om dié hof te vra om die openbare beskermer se aanbeveling in die staatskapingverslag te hersien dat hy ’n regterlike kommissie van ondersoek moet aanstel en dat hoofregter Mogoeng Mogoeng die kommissaris moet aanstel.

Zuma het agterna aan die ANC-jeugliga gesê daar is baie mense wat gevolgtrekkings oor hom maak sonder om die regte inligting in te win.

FOTO: M&G

 

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This